Bestanddele
- 80 ml Pimm’s
- 15 ml suurlemoensap
- aarbeie en appel, in klein blokkies gesny
- kruisementblaartjies
- limonade en sodawater
Metode
- Plaas die Pimm’s en sap in ’n beker.
- Voeg die vrugte en heelwat kruisementblaartjies by en verkoel tot net voor opdiening.
- Vul aan met limonade en sodawater na smaak en voeg ys by.
Genoeg vir 6 mense